Hoe graag sien ons nie die foute in ander se lewens raak nie!……. Meestal omdat dit ons dan so bietjie beter laat voel oor ons eie verlore toestand ….. want ons maatstaf is dan nie die Woord van God nie, maar die mense en wêreld rondom ons……. in Lukas 6 waarsku Jesus hieroor……41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie? 42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.……. duideliker as dit kan ek dit nie stel nie …… gaan net op jou knieë en vra dat die Here die balk(e) in jou eie oë vir jou sal uitwys sodat jy dit aan die lig kan bring en by die Kruis kan agterlaat …….
Wat impliseer Jesus se woorde eintlik?…… dit, en Jesus se volgende woorde bring ons terug by God se verwagting van wie Hom wil Eer en Aanbid …….. naamlik Heiligmaking en om vrugte te dra wat by die bekering pas…….. 43 Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. 44 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. 45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.…….. m
Menie jouself bluf deur net na die “goeie” 80% of selfs 90% van jou lewe voor mense te kyk en dan te dink jy slaag die toets nie……. God kyk na die volle pakkie……100%……. Hy sien ook daardie wegsteekplekke in ons harte raak…… Hy weet van daardie “iets” binne ons harte wat veroorsaak dat ons sommer in ‘n restaurant ons humeur teenoor ‘n onskuldige kelner verloor …… of gebeur dit nie met jou nie?……. Hy sien die EK godjie wat bedien en gevoer moet word …….. EK moet goed voel oor myself…….. daardie EK gaan op die mees onverwagte en ongewensde tye op ons lippe verskyn……… totdat ons daardie EK by die Kruis gaan aflaai…….. en……. O, hoe moeilik is dit nie!….. wat ‘n stryd is dit nie!
Dan volg Jesus op met woorde wat elkeen van ons tot stilstand en nadenke behoort te ruk…….46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? …….. wat ‘n geweldige aanklag!…….. is ek en jy skuldig hieraan?…….. dat ons weet wat God van ons verwag, en dit nie doen nie?……. leef ons in ongehoorsaamheid?…….. ongehoorsaamheid wat ons die Ewige Lewe kan kos?……..
In Lukas 13 lees ons……..23 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.…….stry hard…… halfhartige pogings is nie goed genoeg nie……. baie sal halfhartig probeer om in te gaan, en nie deel wees van die Hemelse Feesmaal nie!…….25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. ……..gaan ek en jy deel wees van die Maaltyd, …… of deel van die wat gedink het hulle is gereed……. terwyl hulle eintlik nog buite staan…….. wanneer daardie Deur van Genade toegemaak is, gaan dit te laat wees om voor die deur te staan en te skree “Here maak vir ons oop!”………dan is Genadetyd verby…….. Vandag, nou, is nog Genadetyd…… gebruik dit…….voordat dit té laat is…….
Dit is asof die Here my nie rus gee hieroor nie …….. soveel mense DINK hulle is gereed om voor God te staan …….. hulle kan vir jou al die “goeie” dinge wat hulle doen op ellelange lyste opnoem …….. maar hulle harte behoort nog aan hulleself ……. hulle het nog nie by die Ware Jesus Christus uitgekom nie!
Ek sluit af met Galasiërs 6……..7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. 9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
Here skenk ons die Genade om onsself in U Spieël te sien soos wat ons werklik is en nie soos wat ons dink ons is nie. Dankie vir Genadetyd. Dankie vir nou. Dankie vir Jesus wat die Volle Prys vir ons Vergifnis en Vrymaking kom betaal het! Here gee ons oë om te kan sien en ore om te kan hoor wat U Heilige Woord sê.