Is JY gereed om binne die volgende halfuur voor God te staan??…….. Wat gaan Hy vir jou sê??……… Waarop maak JY aanspraak?
Gister kom een van die jongmanne van Umpakhati (tevore ‘n dwelmslaaf) na my toe……. Hy het die vorige nag ‘n baie duidelike droom gehad oor ‘n bekende persoon wat langs hom doodgeskiet is en sy vraag was moet hy die persoon daarvan vertel?……. hom moet waarsku?…….. op daardie oomblik was dit net vir my duidelik dat selfs al word die persoon gewaarsku…….. selfs al sou die persoon uiters versigtig wees en elke potensiële plek van konfrontasie vermy ……. selfs al sluit daardie persoon homself in ‘n kamertjie toe…….. daar is vir elkeen van ons ‘n bestemde tyd……. dalk heeltemal onverwags…….. soos ‘n dief in die nag…….. moontlik op die mees ongeleë tyd…….. dat ons voor daardie Heilige Wit Troon sal verskyn……. die vraag is eerder: “Is daardie persoon gereed om voor God te staan,……… of is daar nog dinge in sy lewe wat hom verwyder van die Genade van God?”…….. “is daar nog sonde wat hy in sy gedagtes vertroetel en waarvoor hy in skaamte gaan staan?”…….. is daar nog dinge in sy lewe wat hy iewers in ‘n “geheime” / “privaat” kamertjie van sy hart wegsteek?……… is daar dalk nog dinge wat hy met ander mense moet regmaak?……… is daar nog opdragte wat God hom gegee het wat hy in nalatigheid net nie by uitgekom het nie want ander aardse dinge was belangriker?………..wat gaan hy vir God antwoord as God hom vra waarom HY hom toegang tot die Hemel moet gee?………en al hierdie selfde vrae geld vir elkeen van ons….. is ons gereed?……. nóú …….nie oor ‘n dag , of ‘n week, of oor ‘n maand nie……. is ek en jy nóú gereed?…… hoe gaan ek en jy God antwoord?……. watter aanspraak het ons om die Hemel binne te gaan?……..
Ek dink hier aan Mattheus 7: 13…….Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. …….hoekom is daar min wat dit vind?…….. want hulle prioriteite is gerig op hierdie aardse dinge…….. hulle lewe asof hulle vir ewig gaan lewe…… en maak hulle skatte bymekaar waar mot en roes alles laat vergaan…….. terwyl hulle nalaat om skatte vir die hemel te versamel!…….. is ek en jy ook deel van hulle?
Net verder in Mattheus 7:21 lees ons…….Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! ……..ek verwonder my altyd aan hierdie verse……… hierdie was nie somme gewone Christene nie……… kyk net waarop kan hulle alles aanspraak maak!……… en nogtans sê God vir hulle: “Gaan weg van My”
Wat is dan SY Maatstaf?………in 1 Johannes 5:10 lees ons…….Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.…….. die persoon wou nie God se Vrymaking van die mag van sonde aanvaar wat IN Jesus is nie……..11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. ……..daar is net EEN Sleutel wat die Hemel vir ons kan oopsluit……..1Timotheus_2:5……. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, …….. is SY Bloed jou enigste aanspraak? ……… of gaan jy ander stories vir God probeer vertel?……… is jy gereed om nóú voor God te staan?……
Ek sluit af met Hebreërs 9:27……..En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
Here hierdie Geheimenis is vir baie bedek en hulle probeer op allerhande maniere self hulle saligheid verdien, maar dankie vir Jesus! Dankie vir U Genade wat IN HOM vervat is. Ek wil vanoggend vir elkeen wat hierdie boodskap lees, kom bid. Ek bid vir tyd vir die wat nog dinge in hulle lewens moet uitsorteer of aan die lig moet bring. Ek dank U vir die herinnering gister dat elkeen van ons voor U Heilige Troon sal verskyn. hou ons getrou aan U Wil vir ons lewens.