Kom ons begin vanoggend met ‘n paar persoonlike vrae: …….. Wat dink jy van jou eie verhouding met God? ……. Is jy gemaklike / tevrede met jou verhouding met die Here? …… is jou verhouding met Hom vandag meer intens as gister? ……. ‘n week gelede? …….. ‘n maand gelede? ……. ‘n jaar gelede? ……..
Openbaring 3:17 …….17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie;……. onthou hierdie brief is aan ‘n Christelike gemeente geskryf ……. en soos hulle kan ons maklik tevrede / en selfs passief raak met / in ons verhouding met die Here…….17b en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.…….. is dit waar van my en jou?……. dat ons blind geword het vir die dinge wat regtig saakmaak? ……. ons dink ons is “OK” …….. maar intussen is ons persoonlike toestand ellendig en iets om oor te rou ……. naak / ontbloot voor God…… in Openbaring 16:15 lees ons…….15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, ……..wat beteken dit?……. “om sy klere te bewaar”?……. dit beteken om rein te lewe………15b sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. …….God sê in Nahum 3:5 Hy gaan ons skaamte ontbloot ……die dinge wat ons graag eerder wil wegsteek, gaan Hy uitstal en blootlê vir almal om te sien……….5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.……(Hier in Nahum praat God van Ninevé se goddeloosheid en hoerery)…….
Kyk wat dink God in Openbaring 3:15 van ons toestand …….. 15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. …….. en intussen dink ons ons is “OK”??…….. God verkies eerder ‘n totale koue persoon sonder enige verhouding met Hom ….. as ‘n lou-warm Christen …… waar staan ons? …… is hierdie waarskuwing ook op my en jou van toepassing?
Gelukkig eindig die brief aan Laodicense nie daar nie ……. God nooi ons uit om dit reg te stel ……. En Hy doen dit omdat Hy ons Liefhet! ……19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. …… word wakker!….. draai om …… bekeer jou ….…18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word;…….. (in Jesaja 55:1 lees ons ons kan koop sonder geld……1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!)…….. 18b en wit klere, …….(’n rein lewe)…….. dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. ………O, as ons onsself net kan sien soos wat God ons sien ……… Wees dan ywerig en bekeer jou. ……ons het nog vandag die geleentheid …….. stel reg dit wat verwydering tussen jou en God bring……. kyk in jou eie hart met gesalfde oë sodat jy jou eie ongeregtigheid kan sien……… God se Genade bly opgesluit in Openbaring 3:20 ………20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
Here daar is nog soveel meer wat ons hieroor kan sê, maar my gebed is vanoggend vir elkeen wat hierdie stukkie lees, dat U uit Genade ons oë sal oopmaak, sodat ons die waarheid van ons eie toestand kan raaksien en onsself betyds beklee met die Wit Kleed van Vergifnis IN Jesus, Skoon Gewas in Sy Kosbare Bloed